News, press releases & events
 

WYNBEDRYFINLIGTING

26/04/2013

April 2013
Binnelandse verkope van natuurlike wyn het vir die tydperk Maart 2012 tot Februarie 2013 met 1.6% gestyg. Die uitvoer van natuurlike wyn in grootmaat en verpak het vir die tydperk April 2012 tot Maart 2013 onderskeidelik met 48.6% gestyg en met 8.3% gedaal; algeheel ’n styging van 21.2%.
Internasionale Tendense

  • Internasionale wynproduksie toon in 2012 ‘n afname van bykans 6% tot 25 361 miljoen liter.
  • Internasionale verbruik oortref produksie en die voorraadvlak beloop 10 000 miljoen liter, die laagste sedert 2000 en 7 500 miljoen liter minder as die hoogste vlak in 2006.
  • Stygende pryse sal verbruik onder druk plaas; dit is tans onduidelik waar die daling in verbruik sal geskied en watter lande die meeste hierdeur geraak sal word.
  • Wes-Europa verbruik tans 150 miljoen liter brandewyn en konjak. Brandewynverbruik het sedert 2006 tot 2012 geleidelik met 6% per jaar gedaal. Die opheffing van EU distilleersubsidies impakteer ook negatief op die kostestruktuur wat tot ‘n beduidende afname in die vraag na grootmaatwyn deur Europese distilleerders lei.
  • Die groei in die waarde van uitvoere deur Suidelike Halfrondlande was beduidend laer as die groei in volume as gevolg van die verhoogde verhandeling in grootmaatwyn.
  • Die kleiner internasionale wynvoorraad het hoofsaaklik ’n impak op Europa en in die laagste pryssegmente gehad.
  • Russiese grootmaat wynaankopers het hul verkryging in die lig van stygende Europese grootmaat wynpryse aangepas, maar het nog nie beduidende volume hoër prys Nuwe Wêreld grootmaatwyn aangekoop nie.
  • Prys premiums het pryssensitiewe grootmaat wynaankopers tot op datum verhoed om meer aggressief Nuwe Wêreld voorraad aan te koop.
  • Voorlopige verwagtinge is dat die groter 2013 wynoeste in die Suidelike Halfrond potensieel tot laer grootmaat wynpryse uit daardie lande kan lei (Rabobank International).

Bottelinligting na die VK
Bottelinligting van wyn wat in 2012 na die VK uitgevoer is toon ‘n gemiddelde gewig van 582 gram per 750ml, effens ligter as die algehele gewig van 598 gram, 81% was in 750ml grootte, claret en burgundy tipes met amber, dark green, dark leaf green en antique die kleure wat die meeste gebruik is.
OP DIE WEBTUISTE

Groete tot Mei 2013.
Charles
Tel +27 21 8075719
e-pos charles@sawis.co.za